Een van die beste stukke nuus in 2000 was toe
Pieter Henning homself weer beskikbaar gestel het vir McArthur se
voorsitterstoel. Pieter het al tien jaar ervaring op McArthur se
bestuur sedert die middel 80's (aanvanklik as Sekretaris en later twee
termyne as Voorsitter). Hy is 'n vernuftige driekamper wat al 'n
goue medalje in die Suid-Afrikaanse Ultradriekamp kampioenskappe ingepalm
het en was ook in 1996 deel van die SA Tweekampspan na die
Wêreldkampioenskappe in Italië). Pieter het die Comrades al vier
keer voltooi en die Ysterman Driekamp10 keer. As hy nie draf of gholf
speel nie, werk hy as tandarts by Medicross. Hy is getroud met Miekie en
het drie kinders.