Home Up REGISTREER NOU! Fotoblad Webskakels McArthur - ons gee die pas aan ....  Home Up                                                                                       

VEILIGE PARKERING BY DIE KLUBHUIS

Daar is drie moontlike parkeeropsies (aangedui as A, B of C op die foto onder).  Die Potchefstroomse Stadsraad se Parke-Afdeling is besig om parkeerplek C ten volle te omhein ten einde 'n groot en veilige parkeerplek te bied aan McArthurlede wanneer hulle die Klubhuis besoek vir enige  Aktiwiteite.  Opsie A is die mees ideale, maar nie baie groot nie.

AANWYSINGS:

PARKEERPLEK A ("Early Bird"): Ry in Lombardstraat in 'n westelike rigting (na die stasie) en draai links in by die rooi valhek net na die McArthur stadion (daar is 'n kleuterskool op regterkant as u klaar ingedraai het).  Ry ongeveer 80 meter op die interne teerpad en ry deur die stadion se hekke.  Die pad maak 'n draai na links. Parkeer weerskante van die pad, maar nie voor die motorhekke van die woonhuis langs die klubhuis nie

PARKEERPLEK B:  Ry in Krugerstraat in 'n suidelike rigting vanaf Lombardstraat. Draai regs net na die tennisbane langs die McArthur Stadion (die swembad is aan u linkerkant).  Stop weerskante van die pad net voor die motorhek.  

PARKEERPLEK C:  Ry in Stasieweg in 'n suidelike rigting (in die rigting van die meule).  Net na Olënpark en die Rolbalbane op linkerkant draai daar 'n teerpad links uit.  Volg die teerpad (dit maak eers 'n 90 grade draai na links en dan weer 'n 90 grade draai na regs (Potch Dorp se Rugbyklubhuis en velde lê aan die linkerkant).  Die pad word 'n grondpad.  Reg voor u is daar 'n dubbele hek (Daar sal ook binnekort 'n naambord aangebring word).  Ry deur die hek (die ou klubhuis is op die linkerkant) en parkeer agter die nuwe klubhuis.

OF

Ry in Lombardstraat in 'n westelike rigting (na die stasie) en draai links in by die rooi valhek net na die McArthur stadion (daar is 'n kleuterskool op regterkant as u klaar ingedraai het).  Ry ongeveer 80 meter op die interne teerpad en draai regs net voor die stadion se hekke.  Die pad word 'n grondpad en maak 'n draai na links.  Na nog 100 meter lê die ingangshekke na die parkeerterrein op linkerkant.

 
Stuur e-pos aan webmeester@mcarthur.org.za indien u enige navrae of kommentaar oor hierdie webwerf het.
Kopiereg © 2000 McArthur
Laas opgedateer: 12 Februarie 2001