|
Kennedy Kane
McArthur, die wenner van die 1912 Olimpiese Marathon in Stockholm,
se wentyd vir die marathon was 2:36:54. Die wedloop was egter
net 40,2km lank. As sy tyd omgeskakel word na 'n 42,2km
marathon, sou sy wentyd 2:44:42 gewees het. Om dit te herdenk,
is 'n spesiale gedenkmedalje gemaak vir lede wat daarin kon slaag om
hierdie tyd te ewenaar of verbeter. Tot op hede het slegs agt
lede dit reggekry (die eerste keer in 1979 en die laaste keer in
1992. |