|
MCARTHUR SOSIALE AKTIWITEITE
 |
Dinsdae Saamdraf |
Weens die aangename en veilige omheinde
omgewing van die Klubhuis (sien Fasiliteite), is lede,
voornemende lede en ander drawwers welkom om hulle familie saam te bring. Die
kinders kan onder toesig op die grasperk speel terwyl pa en/of ma draf/stap.
Drawwers en stappers ontvang ook 'n gratis verfrissende glasie Coke na afloop
van die Saamdraf.
 |
Vrydagaande "Sundowner" |
Alle lede en hulle families is ook welkom om
sekere Vrydae net na werk by die Klubhuis 'n glasie Coke of biertjie te kom geniet om
die aanbreek van die naweek te vier (sien die datums by Kalender 2001). Ons sal ook van tyd tot tyd 'n worsie
braai. Die ander rede vir hierdie saamkom is om die komende naweek se wedlope
en/of oefensessies te bespreek en saamrygeleenthede te koordineer. Gooi dus
gerus 'n draai as jy 'n saamrygeleentheid soek of wil aanbied. Met deesdae se
duur petrol kan ons nie bekostig om met leë motors na wedlope te ry nie.
 |
Saterdae Club Runs |
Net soos met die Saamdraf, ontvang deelnemers
aan die Saterdae Club Runs (sien die datums by Kalender 2001)
'n glasie Coke of twee na afloop van die Club Run.
As die tyd (en beursie) dit toelaat, is 'n vinnige Akkerontbyt ook glad nie
uitgesluit nie!
 |
Pre-Comrades Funksie |
Meer as die helfte van ons lede het aan die
2000 Comrades Marathon deelgeneem (sien die uitslae elders). Alhoewel ons
aktiwiteite beslis nie net gemik is op die Comrades-atlete en voornemende
Comrades-atlete nie, word daar wel aktiwiteite aangebied vir hierdie lede. Die
pre-Comradesfunksie is vir meer as 20 jaar al 'n tradisie by McArthur en word
ongeveer twee weke voor die Comrades Marathon aangebied. Behalwe vir
interessante praatjies en lekker saamkuier, ontvang lede ook 'n gratis
Comrades klubhemp en ander memorabilia (afhangende van die borge). Sien
die datum by Kalender 2001.
 |
Post-Comrades Funksie |
Die interessantste staaltjies kom egter na die
Comrades uit. Die post-Comrades Funksie neem 'n meer informele formaat aan en
daar word lekker saamgekuier en
wedervarings gedeel. Sien die datum by Kalender 2001.
 |
Prysuitdelingsfunksie |
Tydens hierdie spoggeleentheid, wat gewoonlik in
Februarie gehou word, word daar
weereens lekker saamgekuier terwyl ons erkenning
gee aan ons spanmaats wat goed presteer het. Die lys van toekennings wat
beskikbaar is, verskyn by Toekennings.
Die 2001 funksie vind plaas op 2 Maart om 19:30 by die Klubhuis.
 |
 |
 |
| Johan Briel (links) en Pieter Joubert (middel)
is van die herkenbare gesigte wat saamgesmul het aan die kos wat
voorgesit was tydens die 2000 Prysuitdelingsfunksie. Die Klub het
ook by dieselfde geleentheid sy 21e verjaarsdag gevier. |
Daar is ook lekker saamgesels in die nuwe
Klubhuis. |
Rocco de Villiers, Boeta Pretorius, Winnie
Stoppel, Izak Smalman, Phillip de Bruyn en Amande Otto met die trofees
wat hulle tydens die funksie ontvang het. |
 |
Algemene Jaarvergadering |
Gedurende November elke jaar word daar
retrospeksie gehou oor die jaar wat agter die rug is en word 'n Nuwe Bestuur aangewys. Wysigings
aan die Konstitusie kan ook tydens hierdie
vergadering aangebring word. Sien die datum by Kalender 2001.
 |
Spesiale
geleenthede |
McArthut plaas ook 'n hoë premie op
familiegeleenthede. Op die 12e Januarie 2001 het die Klub se Afrigter,
John Hamlett, sy veertigste verjaarsdag gevier en het dit saamgeval met die
Vrydagaand Sundowner. Daar is tot laat in die aand gekuier....
 |
 |
| Pieter Henning oorhandig John se
Veterane-kentekens aan hom - 'n ou McArthur-tradisie. |
John probeer hard om die 40 kersies dood te
blaas! |
|