Jan du Plessis, McArthur se nuwe Sekretaris, is sedert begin
2000 woonagtig in Potchefstroom. Sy hardlooploopbaan het in 1988 in
Port Elizabeth begin toe hy vir die Great Train Race begin oefen het.
Hy het intussen die Two Oceans Marathon vyf keer voltooi en die Comrades
Marathon vier keer. Jan is ook 'n aktiewe driekamper en neem vanjaar aan
die strawwe Gordonsbaai Iron
Man deel. Jan is 'n Professor in
Statistiek by die PUK en is getroud met Debbie en hulle het een dogtertjie.