|
|
DINSDAGAANDE SAAMDRAF/-STAP Daar bestaan 'n algemene wanopvatting dat "tydtoetse", soos wat die Saamdraf/-stap voorheen bekend gestaan het, slegs vir die Elite atleet bedoel is en dat 'n hoë vlak van fiksheid dus 'n voorvereiste is om hieraan deel te neem. Die teendeel is eerder waar: omdat dit 'n akkurate gemete roete is waaraan daar op 'n spesfieke dag van die week en spesifieke tyd van die dag deelgeneem word, kan die beginner (hetsy jy 'n stapper of drawwer is) die aangetekende tye baie nuttig gebruik om vordering (of agteruitgang!) te monitor. Die doel is dus nie kompetisie teen ander nie, alhoewel dit enigeen vrystaan vir 'n lekker "sprint" oor die laaste paar meter. Gratis Coke is na die Saamdraf/-stap beskikbaar, sowel as 'n lekker saamkuier. SAAMDRAF/-STAP ROETE (4KM/8KM)
|
Stuur e-pos aan webmeester@mcarthur.org.za indien u enige navrae
of kommentaar oor hierdie webwerf het.
|