|
|
OU KLUBHUIS McArthur het sy eerste klubhuis, wat reg langs die huidige klubhuis gelee is, reeds in 1990 van die Potchefstroomse Stadsraad ontvang, en na drie jaar se harde werk, in November 1993 ingewy. Weens die reuse-bydrae wat Chris Hattingh gelewer het om die Klubhuis van die Stadsraad te bekom, het McArthur en die Wes-Transvaalse Padhardlopersvereniging gesamentlik besluit om die groot lokaal in die Klubhuis die CHRIS HATTINGH-LOKAAL te noem. Onder is 'n paar foto's wat tydens die amptelike inwyding geneem is.
|
Stuur e-pos aan webmeester@mcarthur.org.za indien u enige navrae
of kommentaar oor hierdie webwerf het.
|