Home REGISTREER NOU! Fotoblad Webskakels McArthur - ons gee die pas aan ....  Home Persvrystellings Nuutste nuusbrief Argiewe                                                                                       

NUUS

Baie geluk aan Jan du Plessis en Nick Rautenbach wat op 4 Februarie die halfstandaard Iron Man in Benoni voltooi het.  Sterkte met die grootte op 31 Maart!  (Ook aan Gerrie Beukes).

McArthur-lede Gerrie Beukes (1e), Boeta Pretorius (1e veteraan & 2e algeheel), Ockie de Kock (4e), John Hamlett (4e veteraan) en Pieter Henning (1e 45-49 jaar) het McArthur se naam hoog gehou by die Noordwes Driekampkampioenskappe by Potch Dam.  Dit was Hamlett se eerste driekamp van sy lewe!

McArthur-lede het tydens die Great Brick Run op 13 Januarie 2001 verskeie kategoriemedaljes ingepalm.  Baie geluk aan 

Erna Schön (eerste grootmeester dame in die 10km wedloop)
Jean Laubscher (tweede meester dame in die 10km wedloop)
Izak Smalman (derde meester man in die 21,1km wedloop)
Sue Cartwright (eerste meester dame in die 21,1km wedloop)
Chris de Bruin (derde grootmeester man in die 21.1km wedloop)

'n Hartlike woord van welkom aan Nico Deerling, een van Mcarthur se destydse top-atlete, wat na agt jaar se afwesigheid weer sy hardloopskoene afgestof het.  Hy het 'n goeie 36e plek in 1:29:14 aangeteken. 


Boeta Pretorius, ons top veterane twee- en driekamper, het sekerlik die beste prestasie van sy loopbaan behaal toe hy op die 12e November 2000 die veteranekategorie van die Powerman Wereldduathlon kampioenskappe ingepalm het. Hy het ook die jonger deelnemers aan hierdie strawwe byeenkoms (10km hardloop, 60km fietsry en 10km hardloop) behoorlik laat les opse deur vyfde algeheel in die wedloop te eindig. Dit was die vierde keer dat Boeta Suid-Afrika in verskillende dissiplines vanjaar verteenwoordig het. Lees meer oor sy prestasies by http://home.intekom.com/boetaduathlon/ 
Boeta en sy spanmaat Cor Leijenaars voor die klubhuis 2000 Voorsitter Koos Degenaar (links) oorhandig 'n lourierkrans aan Boeta

Persvrystellings

Hier sal u al die persvrystellings van die afgelope jaar vind.  


Persvrystellingsberigte

Hier sal u al die persberigte van die afgelope jaar vind.  

 
Stuur e-pos aan webmeester@mcarthur.org.za indien u enige navrae of kommentaar oor hierdie webwerf het.
Kopiereg © 2000 McArthur
Laas opgedateer: 12 Februarie 2001