Bertus le Roux, oud-voorsitter
van McArthur in 1991 en van
Sentraal Noordwes Padhardloop tussen 1993 en 1999, sal verantwoordelik
wees vir die skakelwerk met die media en ook vir die instandhouding van
die webblad. Hy het op 14 jarige ouderdom aan padwedlope begin
deelneem en het permanente nommers in die Twee
Oseane Marathon (12
medaljes), Ysterman Driekamp (11 medaljes) en
Comrades Marathon (10
medaljes) verwerf, asook in die City-to-City Marathon,
die Venterskroon Bergwedloop en die McArthur Klub
1000 kompetisie. Hy is 'n nasionale padwedlope- en driekampskeidsregter en het
tussen 1997 en 1999 as Atletiek Suid-Afrika se Tegniese Afgevaardigde by
die Comrades Marathon opgetree. Hy was ook by sewe gveleenthede
tussen 1992 en 1996 spanbestuurder van nasionale tweekamp-, driekamp-,
atletiek en marathonspanne gewees. Bertus is werksaam by die Potchefstroomse
Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys, is getroud met Maggi en het
drie dogtertjies.