Home Up REGISTREER NOU! Fotoblad Webskakels McArthur - ons gee die pas aan ....  Home Up Comrades trofees McArthur 42 Algemeen                                                                                       

LYS VAN TOEKENNINGS

Verdienstesertifikate

Word toegeken aan lede wat na die mening van die bestuur prestasies gelewer het as deelnemers of administrateurs maar nie sodanig is dat dit as Merietekleur of Erekleure geag kan word nie. Sulke lede ontvang gewone ongeraamde McArthur sertifikate.

Merietekleure

Word toegeken aan lede wat na die mening van die bestuur prestasies van hoë gehalte gelewer het as deelnemers of administrateurs. Die volgende norme sal as riglyne dien:

Deur na die mening van die bestuur ‘n besondere diens aan McArthur en mede klublede gelewer het.

As ‘n lid van McArthur Sentraal Noordweskleure verwerf, (minstens drie deelnames, of soos deur die provinsiale norme bepaal).

Vier jaar diens lewer as bestuurslid van McArthur.

Verwerwing van permanente nommers in prestige wedlope, bv Comrades en Twee Oseane.

Enige ander goeie prestasies volgens die diskresie van die bestuur.

Kandidate wat Merietekleure verwerf, ontvang ‘n geraamde silwer sertifikaat tesame met ‘n McArthur das.

Erekleure

Word toegeken aan lede wat na die mening van die bestuur uitsonderlike prestasies van uitstaande hoë gehalte gelewer het as deelnemers of administrateurs. Die volgende norme sal as riglyne dien:

As ‘n lid van McArthur Nasionale kleure verwerf.

As ‘n lid van McArthur vir minstens drie jaar op ‘n Nasionale Bestuur dien.

Agt jaar diens lewer as bestuurslid van McArthur.

Enige ander uitstaande prestasies volgens die diskresie van die bestuur.

Kandidate wat Erekleure verwerf, ontvang ‘n geraamde goue sertifikaat tesame met ‘n McArthur das. Manskandidate vir Erekleure ontvang ook ‘n silwer beker, terwyl dames met ‘n silwer skinkbord bekroon word. Die name van die ontvangers van Erekleure sal op ‘n Ere-rol verskyn.

Wisseltrofees

Word toegeken aan lede wat na mening van die bestuur voldoen het aan die vereistes vir sodanige toekenning.

Die volgende bykomende vereistes sal geld:

    Die lid moet in amptelike klubklere deelneem, behalwe waar ‘n lid vir ‘n Provinsiale of Nasionale span gekies is en nie in klubklere mag  eelneem nie.

Lede wat ‘n wisseltrofee verwerf se naam word op ‘n bypassende plaatjie gegraffeer en ontvang ‘n silwer sertifikaat.

 

Huidige Wisseltrofees

Jan Ellis Vorderingstrofee

            Best vordering.

            Silwer geraamde sertifikaat

 

Pieter Henning Skild

            Eerste McArthur Veteraan McArthur 42,2

            Silwer geraamde sertifikaat

 

Dervockskild

            Eerste McArthur van McArthur 42,2

            Silwer geraamde sertifikaat

 

Stan Kennedy Trofee

            Eerste McArthur in Comrades

            Silwer geraamde sertifikaat

 

Kenne de Kock Trofee

           Eerste McArthur Veteraan van Comrades

            Silwer geraamde sertifikaat

 

Schalk Theron Trofee

            Eerste McArthur Meester van Comrades

            Silwer geraamde sertifikaat

 

Millicent Victor Trofee

            Eerste McArthur Dame van Comrades

            Silwer geraamde sertifikaat

 

Comrades Houtlepel

            Laaste McArthur Man van Comrades

 

Personality of the Year

Word deur lede gekies tydens die Algemene Jaarvergadering.

Silwer geraamde sertifikaat

 

Chairman's Award

Vir ‘n lid van McArthur Marathonklub wie, volgens die Voorsitter, (met bystand en leiding van die Komitee), die meeste bygedra het tot die groei, stabiliteit en welstand van die Klub. Die lid, moet, invergelyking met ander lede, bo hulle uitstaan.

Die bydrae tot die Klub, kan verskeie vorms aanneem, soos onder andere:

Bydrae tot die Klub, (finansieël), deur byvoorbeeld die verkryging van borge en die genereer van inkomstes op ander wyses.

Fisiese bydrae in die vorm van buitengewone administratiewe aktiwiteite wat tot bevordering/verryking van die Klub gelei het of gaan lei.

Deurlopende bemarking van die Klub by wyse van persoonlike bydrae, (anders as bogenoemde), wat meetbaar is en gelei het tot die verryking en/of voorspoed van die Klub.

 

Chris Hattingh Aansporingstrofee

 
Stuur e-pos aan webmeester@mcarthur.org.za indien u enige navrae of kommentaar oor hierdie webwerf het.
Kopiereg © 2000 McArthur
Laas opgedateer: 12 Februarie 2001