Dirk Bruwer, McArthur se
Klubhuisbestuurder die afgelope vyf jaar, is 'n ervare Comradesatleet en
spog met elf medaljes en 'n permanente nommer
in die Grote. Hy het ook permanente nommers in die Fraser's Ultra
en die Venterskroon Bergwedloop.
Hy hardloop sedert 1985 en het in November 2000 die 25000 kilometer-merk
verbygesteek! Dirk is werksaam as 'n Lanbounavorsingstegnikus by die
Landbounavorsingsraad, is getroud met Wilma en het twee kinders.