McArthur se trots is sekerlik ons nuwe klubhuis, wat heel gepas
binne die perseel van die McArthur Atletiekstadion in Lombardstraat
geleë is. Daar is ook veilige parkering
beskikbaar.

Die
klub het sy eerste klubhuis reeds in 1990 bekom, waarna dit meer as
drie jaar se restourasiewerk gekos het voor die klubhuis in November
1993 amptelik ingewy is (sien die fotos hiervan by Ou
klubhuis). Gedurende 2000
het die klub die geleentheid gekry om geboue te "ruil" met
die aangrensende ou stoorgebou.

Die klubhuis is die ideale bymekaarkomplek vir meeste van die
weeklikse Aktiwiteite soos die Dinsdagmidag
Saamdraf en
Saterdagoggende se Club Run.

-
 |
 |
| Die kroegie in die klubhuis waar
daar al lekker gekuier is. |
Oud-besture en -voorsitters se
fotos word uitgestal in die Chris Hattingh-lokaal. |
Die nuutste wedloopbrosjures sal ook altyd by die Klubhuis
beskikbaar wees.