Home Up REGISTREER NOU! Fotoblad Webskakels McArthur - ons gee die pas aan ....  Home Up                                                                                       

MCARTHUR KLUB 1000-KOMPETISIE

McArthur het reeds in 1990 sy Klub 1000-kompetisie ingestel om deelname en betrokkenheid onder lede te bevorder.  Tot op hede het lede al meer as 53 000 kilometer in hierdie kompetisie afgelê (sien Klub 1000 uitslae), terwyl vier lede al Permanente nommers verdien het.  Die voorloper in die kompetisie is Dawid de Fortier, wat in 2000 deur die 10 000 kilometer-grens gebars het!

Die Dervock-medalje (sien Geskiedenis), wat in Noord-Ierland se McArthur Marathon gebruik is.  Die McArthur Klub 1000-medalje is hierop geskoei. Die McArthur Klub 1000 goue medalje - 'n replika van die Dervock-medalje

Die McArthur Klub 1000 goue medalje word op 'n houtblokkie gemonteer. 'n Voorbeeld van 'n McArthur Klub 1000 permanente nommer ('n kleiner weergawe vir 'n sweetpak/frokkie word ook verskaf).
 
Dawid de Fortier, wat in 2000 deur die magiese 10 000km-merk gebars het, in aksie tydens die Comrades Marathon.  

Die reëls van Klub 1000  is as volg:

Registrasie

Minimum van 50% van registrasie geld voor einde Januarie, balans voor einde Februarie.

Geen uitstel.

 Buite lede:

               Volledige inskrywingsgeld met registrasie.

Inskrywings

                       Minimum van ses deelnemers vir goud.

Amptelike kilometers

Alle amptelike wedlope volgens die bepalingslys wat binne die afsnytyd voltooi is

 

Tydtoetse, (alleenlik McArthur Tydtoetse)

    Minimum 20 tydtoetse maksimum 45 (Klub 1000).
    Minimum 20 tydtoetse geen maksimum (Klub 500).
    Minimum van twee klublede moet teenwoordig wees by tydtoets.
    Alleenlik op Dinsdae oggende en middae.

Klub "Runs" soos deur die Bestuur goedgekeur is

        Maksimum van twee per jaar.
        ‘n Maand se kennis moet gegee word.
        Dit moet goed beplan, gemeet en ge-organiseerd wees

"Pre" of "Post" wedlope (alleenlik vir McArthur wedlope)

 

Amptelike twee en driekamp byeenkomste met geregistreerde tye. (Bestuur mag vir bewyse vra.)

 

Vinnigste kilometers afgelê.

            Totale tyd gedeel deur totale kilometers, (ongeag afstand).

Meeste Kilometers.

            Alle amptelike kilometers soos beskryf in punt 5 (Amptelike Kilometers).

Verklaring van Kilometers Afgeneem.

Een maand grasie,

Na een maand sal die kilometers nie aanvaar word.

Prys / Toekennings

Almal wat 1000 kilometers voltooi ontvang ‘n silwer medalje en ‘n Verdienste Sertifikaat.

Kategorie wenners ontvang ‘n goue medalje en ‘n silwer geraamde sertifikaat.

Medaljes/sertifikate Klub 500 (Bestuur kan besluit).

Mag alleenlik van Klub 1000 na Klub 500 toe skuif.

Permanente Nommers

Lede wat Klub 1000 drie keer voltooi, sal ‘n Klub 1000 geborduurde lapwapen en ‘n silwer geraamde sertifikaat vir die eerste Permanente Nommer ontvang.

Lede wat Klub 1000 ses keer voltooi, sal ‘n Klub 1000/5000km gebordeerde lapwapen en ‘n silwer geraamde sertifikaat vir die tweede Permanente Nommer ontvang.

Lede wat 10 000km voltooi, sal ‘n derde Permanente Nommer ontvang. Dit sal ‘n geborduurde lapwapen met Klub 1000/10 000km en ‘n silwer geraamde sertifikaat wees.

 
Stuur e-pos aan webmeester@mcarthur.org.za indien u enige navrae of kommentaar oor hierdie webwerf het.
Kopiereg © 2000 McArthur
Laas opgedateer: 12 Februarie 2001