| Links bo: 'n Moeë Ken McArthur
word van die baan af gehelp deur beamptes.
Bo: Christan Gitsham (links) en Ken McArthur (regs) kry
'n helde-ontvangs van hulle Suid-Arfikaanse spanmaats en ondersteuners.
Let op die Springbok-embleem op hulle hardloopfrokkies en op die middelste
persoon se hoed.
Links: 'n Trotse Ken McArthur met die rits trofees wat hy
gedurende sy roemryke atletiekloopbaan gewen het. Hy was ook gekies
om Suid-Afrika by die 1908 Olimpiese Spele te verteenwoordig, maar kon nie
borge vind om die skeepsrit na London mee te maak nie. Hy maak egter
op daarvoor deur die eerste nasionale marathonkampioenskappe in
Suid-Afrika in te palm dieselfde jaar.
|