Dertig Maccies het op 13 Januarie 2001 in snikhete toestande aan die Great
Brick Run in Potchefstroom deelgeneem. Hier is van die lede is aksie,
asook hulle uitslae.
|

|
|
|
| Boeta Pretorius, ons top-veteraan
was 30e algeheel in 1:27:07. |
Nico Deerling eindig 36e in
1:29:14 na 'n afwesigheid van agt jaar! |
Isak Smalman behaal 'n puik
1:34:54 om derde van die Meesters klaar te maak. |
|

|
|
|
| Renier Terblance eindig 58e
in sy debuut halfmarathon. Sy tyd was 1:37:04. |
Tinus Grobler se 1:40:04
was goed genoeg vir 'n 73e plek en 'n silwer. |
Philip de Bruyn, ons top
Comrades veteraan, was 82e in 1:42:36. |
|

|
|
|
| Alwyn Hoffman eindig sterk in die
89e posisie. Sy tyd was 1:43:33. |
Manny Jardine het nog
energie om vir die kamera te "pose". Hy was 119e in 1:48:59. |
Johan Briel lyk heel
tevrede met sy trekprys na sy 121e plek in 1:49:01. |
|

|
|
|
| Sue Cartwright was
oudergewoonte die eerste Meesterdame. Haar tyd was 1:52:03 |
Chris de Bruyn eindig derde onder
die Grootmeesters in 'n goeie 1:52:12. |
Solly Prinsloo lyk nog
sterk na sy 1:52:38, wat hom 138e geplaas het. |
|

|
|
|
| Jan du Plessis was die 1e
Maccie wat dors genoeg was om 'n baksteen saam te dra. Dit gee aan
hom 'n 148e plek (1:53:20). |
Gerda en Christo Meyer wys hoe
egpare dit behoort te doen! Hulle was 191e en 192e in 2:01:18. |
Koos Degenaar, Voorsitter van die
afgelope drie jaar, het nog energie vir 'n glimlag. Hy was 209e in
2:04:08. |
|

|
|
|
| Meestersatleet Johan de
Klerk in die pylvak. Hy was 216e in 2:07:50. |
Een van die heel dapperste
Maccies: Amanda Otto stap klaar in 2:10:33 (224e). |
Kobus du Preez heel heel
tevrede met die ses koues na sy 2:42:10 op die pad. |
|

|

|

|
| Christo en Karin Duminy lyk nog
heel vars na die strawwe halfmarathon. |
Amanda Spies stap die 10km klaar
in 163e plek. Haar tyd was 1:21:36. |
Lizette Hamlett en Sandra du
Plessis was 165e in 1:23:36 na die 10km stap. |
 |
 |
| Jean Laubscher (1:10:13) was die
tweede meestersdame in die 10km wedloop. |
Philip de Bruyn en Izak Smalman hou
"nabetragting" in die klubtent. |
|

McArthurlede en vriende van buurklubs geniet die
skuiling teen die skroeiende son na afloop van die Great Brick Run.
|