 |
K.K.McArthur se noemnaam is nie
"Kenneth" soos algemeen aanvaar nie, maar "Kennedy", wat
waarskynlik verkort is na "Ken" en gelei het tot 'n foutiewe
aanvaarding dat sy volle naam "Kenneth" moes gewees het. |
 |
K.K.McArthur was nie 'n gebore Suid-Afrikaner nie, maar is in Dervock,
Noord-Ierland gebore. Hy was egter as polisieman in Potchefstroom
gestasioneer tydens sy Olimpiese oorwinning in 1912 en tot en met sy afsterwe in
1960. |
 |
Hy sou ook aan die 1908 Olimpiese Spele in
London deelgeneem het, maar kon nie borge vir die bootrit gevind het nie.
'n Tekort aan borge is dus nie 'n hedendaagse probleem nie! |
 |
Hy wen die eerste "marathon" (22 myl)
wat in Suid-Afrila plaasgevind het, op 11 April 1908 in Johannesburg en
volg dit op met 'n oorwinning in die eerste "SA
Marathonkampioenskappe" (SA Union Campionships) oor 25 myl in
Kaapstad. |
 |
Sy laaste woonhuis was in Kockstraat gewees,
een van die redes waarom heelwat van McArthur se wedlope in hierdie straat
afbeweeg. |
 |
Hy is volgens die Guiness Book of Marathon Records die enigste
marathonatleet wat van sy debuutmarathon tot en met sy uittrede elke marathon
waaraan hy deelgeneem het, gewen het. |
 |
McArthur en sy spanmaat Christian Gitsham was die enigste
Suid-Afrikaanse Olimpiese atlete in die geskiedenis wat 'n
goud-silwer-kombinasie (eerste en tweede plekke) in dieselfde item
dieselfde dag aangeteken het. McArthur het die derde plek
beklee by die draaipunt. |
 |
Hulle het geen waterpunte tydens die
Olpimpiese marathon gehad nie, wat juis een van die redes was waarom
McArthur gewen het (sy spanmaat het water gesoek en McArthur het besluit
om aan te hou hardloop)! |
 |
Dervock, Noord-Ierland, het ook 'n McArthur gedenkmarathon aangebied.
Twee destydse McArthur-bestuurslede, Nick Vreken en Chris Hattingh,
het op uitnodiging van die Iere aan hierdie marathon gaan deelneem, albei sub
3-uur marathons gehardloop en onder die top 10 geeïndig het. |
 |
Daar is 'n Dervock-skild deur die Iere geskenk
vir die eerste McArthurlid in die McArthur Marathon. Ongelukkig het
hierdie wedloop in 1995 tydelik doodgeloop, maar daar word beplan om die
McArthur Marathon in 2002 weer aan te bied. |