|
|
Huidige en voornemende lede kan ook Dinsdaemiddae tussen 5:45 en 7nm by die McArthur Klubhuis registreer. Ledegelde beloop R75 per jaar en nuwe lede moet ook twee identiteitsfotos saamneem. Daar sal registrasievorms beskikbaar wees. Bestaande lede hoef nie nuwe vorms in te vul nie - ons benodig slegs u handtekening op 'n hernuwingsvorm. Dit neem ongeveer drie dae om nuwe registrasies te prosesseer en lede wat die Saterdag al 'n wedloop wil hardloop, sal hulle nommers Vrydae by by die Voorsitter, Dr. Pieter Henning, se spreekkamers op die eerste vloer van die Medicrossgebou, Potcehfstroom (Hoek van Lombaard- en Van Riebeeckstrate) kan gaan afhaal. Telefoniese navrae kan gerig word by (018) 294-6545 (vra vir Pieter of Marie).
|
Stuur e-pos aan webmeester@mcarthur.org.za indien u enige navrae
of kommentaar oor hierdie webwerf het.
|