|
| Huidige en voornemende lede kan gedurende kantoorure registreer by die Voorsitter, Dr. Pieter Henning se spreekkamers op die eerste vloer van die Medicrossgebou, Potcehfstroom (Hoek van Lombaard- en Van Riebeeckstrate). Telefoniese navrae kan gerig word na (018) 294-6545 (vra vir Pieter of Marie). Ledegelde beloop R75 per jaar en nuwe lede moet ook twee identiteitsfotos neem. Dit neem ongeveer drie dae om nuwe registrasies te prosesseer en lede word dus aangeraai om nie later as Dinsdae hulle volledige vorms in te handig as hulle die Saterdag al 'n wedloop wil hardloop nie. Nommers kan ook Dinsdaemiddae tussen 5:45 en 7nm by die McArthur Klubhuis afgehaal word (as dit later as Dinsdae van die vorige week ingegee is).
|
Stuur e-pos aan webmeester@mcarthur.org.za indien u enige navrae
of kommentaar oor hierdie webwerf het.
|