Home Up REGISTREER NOU! Fotoblad Webskakels McArthur - ons gee die pas aan ....  Home Up Advies                                                                                       

MCARTHUR AFRIGTER: JOHN HAMLETT

John Hamlett, McArthur se afrigter die afgelope twee jaar, is hier afgeneem saam met die Minister van Sport, Ncgonde Balfour, en die Voorsitter van die Comrades Marathonvereniging, Alison West, tydens die 2000 wedloop.  John is die afrigter van Suid-Afrika se top Comrades atleet, Andrew Kelehe, en ook die Suid-Afrikaanse Studente Landloopkampioen, Daniel Leburu.  John se dienste en advies is beskikbaar vir alle McArthur-lede.  Sien die tydrooster by Aktiwiteite.  John spog met ses silwer en twee brons Comrades medaljes.  Hy het in die 1984 Comrades voor gehardloop vir die eerste 60km, voordat Bruce Fordyce oudergewoonte oorgeneem het.  Dieselfde jaar het John die Buffalo Marathon gewen in 2:23 en die Jock of the Bushveld Ultramarathon in 'n rekordtyd.  John is 'n Senior Bestuurder by SITA, is getroud met Lizette en het twee kinders, Elizia en Michael. 

(Sien ook die fotos van John se 40e verjaarsdag by Sosiaal)

KONTAKBESONDERHEDE:

E-pos adres:
Werktelefoonnommer:
Faksnommer:
hamlettj@saps.org.za 
(018) 299-7077
(018) 290-9828

Jo

John ontvang die wennerstrofee van die Buffalo Marathon

 
Stuur e-pos aan webmeester@mcarthur.org.za indien u enige navrae of kommentaar oor hierdie webwerf het.
Kopiereg © 2000 McArthur
Laas opgedateer: 12 Februarie 2001