|
|
McArthur is die oudste padhardloopklub in die destydse Wes-Transvaal en was ook die voorloper van die voormalige Wes-Transvaalse Padhardlopersvereniging (later Sentraal Noordwes Padhardloop). Die klub is vernoem na Kennedy Kane McArthur, die Potchefstroomse polisieman wat gedurende die 1912 Olimpiese Spele in Stockholm daarin geslaag het om die eerste Suid-Afrikaner te word om 'n goue medalje in die Olimpiese Marathon in te palm. Die McArthur Klubhuis is geleë by die McArthurstadion in Potchefstroom en die klub spog met 'n ryke tradisie wat oor meer as 23 jaar opgebou is. McArthur-lede het ook al diep spore getrap in die Suid-Afrikaanse atletiekfamilie (beide as administrateurs en deelnemers). Deesdae bied McArthur 'n breë verskeidenheid van aktiwiteite aan huidige en voornemende lede wat nie net by marathons en padwedlope eindig nie. Loer gerus in by ons webwerf en kom meer te wete oor ons. Onthou dat alle atlete se 2000-lisensienommers reeds die 31e Desember verval het. Meer as veertig lede het reeds voor die Great Brick Run van 13 Januarie geregistreer, maar daar is nog heelwat lede wat hulle 2001 nommers moet aanvra. Kry meer inligting oor waar om te registreer bo-aan die blad by REGISTREER NOU! McArthur reël 'n OPEDAG vir 2 Maart 2001 by die Klubhuis. Lede, voormalige lede en belangstellendes kan vanaf 5nm die nuwe Klubhuis vol interessanthede kom besigtig, deelneem aan die Medicross Een-uur Baanwedloop (gratis), 'n 4km pretloop (ook gratis), 'n Spinning-uitdaging, uitstallings, praatjies, demonstrasies en vele meer. Kontak Pieter Henning of Bertus le Roux vir meer besonderhede. Die jaarlikse Prysuitdelingsfunksie sal op 2 Maart 2001 om 19:30 (7.30nm) by die Klubhuis plaasvind - na afloop van die Opedag. Meer besonderhede hieroor sal binnekort beskikbaar gestel word. SIEN OOK DIE NUWE KALENDER VIR 2001, MET AL DIE PADWEDLOPE, SUNDOWNERS, CLUB RUNS, EN UITSTAPPIES WAT BEPLAN WORD. Hierdie webblad is nog in 'n toetsfase en daarom mag van die inligting hierop nog nie 100% korrek of volledig wees nie. Kontak asb die webmeester as u enige regstellings of addisionele inligting wil deurgee.
Kontakbesonderhede
Webteller: |